’n 32-jarige man van Vredefort in die Vrystaat se beweerde woede-aanval oor ’n sigaret het geeïndig in die dood van sy pa,berigParys Gazette. Die man het glo kort voor die aanraning met sy bejaarde pa oor ’n sigatret gestry. Dit is nie duidelik waaoor die stryery gegaan het nie, maar met die polisie se aankoms op die toneel, het hulle Ndode Lenong (61) op sy bed aangetref.
Sy gesig was geswel en daar was beserings aan sy kop. Volgens sersant Josephine Rani van die Vredefort-polisiekantoor het polisielede Sondag (2 Augustus) omstreeks 16:10 op ’n klagte van ’n beweerde aanranding by ’n woning in die Mapetla-gedeelte van Mokwallo gereageer. Die polisie is meegedeel dat Lenong na bewering deur sy seun met ’n onbekende voorwerp aangerand is.
Lenong is na ’n hopsitaal in Parys geneem en is later na ’n hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas vir verdere mediese behandeling. Hy het egter die volgende dag, Maandag (3 Augustus) aan sy beserings beswyk. Hy sal na verwagting binnekort in die Vredefort-landdroshof verskyn.
Read Full Article on The Witness
[paywall]
Breaking news at your fingertips…Follow Caxton Network News onFacebookand join ourWhatsApp channel. Nuus wat saakmaak.Volg Caxton Netwerk-nuus opFacebooken sluit aan by onsWhatsApp-kanaal.
[/paywall]
All Zim News – Bringing you the latest news and updates.