Hierdie een kragtige woord staan op die muur in die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles se kleedkamer by die Fanie du Toit-sportgronde – ’n tasbare herinnering dat hulle in mekaar glo, in die rugby wat hulle speel en dat hulle die Varsitybeker vir die derde keer omhoog kan hou. Dit is hierdie geloof wat die NWU Eagles deurentyd vanjaar dra tot in die Varsitybeker-eindstryd teen die Universiteit van Pretoria (Tukkies) vanaand by die LC de Villiers-stadion in Pretoria,berigPotchefstroom Herald. “Ons leuse is‘believe’en ons glo daadwerklik daarin.
Ons glo nie net in ons span en wat ons kan bereik nie, maar ook in ons dorp, die studente en die ondersteuning van ons families. Dit is iets wat vir ons baie belangrik is. Ons sal aanhou glo tot Maandag 21:00,” verduidelik NWU hoofafrigter Burger van der Westhuizen.
Die NWU het hul plek in die Varsitybeker-eindstryd bespreek met ’n briljante 50-10-sege in die halfeindstryd teen Die Universiteit Stellenbosch (Maties) die afgelope Maandag in Potchefstroom. Die tuisskare was in ekstase oor hierdie oorwinning en het weereens bewys hoe belangrik ’n sterk voorspelerpak is. NWU-kaptein Stephan Krugel was hard en fisies op aanval en verdediging, terwyl die voorry van Boeta Buthelezi, Jordan McLoughlin en Jason Oosthuizen vir Maties pap geskrum het.
Read Full Article on The Witness
[paywall]
Ricardo Fourie was ook uitstekend in die losgemaal en op verdediging. Dit was ’n vertoning uit die boonste rakke onder leiding van die voorspelerafrigter, Chaka Willemse. “Die pak voorspelers was verstommend, sowel as die verdediging.
Willemse is ’n masjien. Daar is ’n band wat hy skep tussen die voorspelers wat net onbreekbaar is,” beaam Van der Westhuizen. Volgens hom het sy spelers alles op die veld gegee en voortgebou op die oorwinning teen Ikeys twee weke gelede.
Daar was ook ’n rustigheid in die kleedkamer ná die wedstryd, al was daar groot blydskap op die veld. “Die ouens besef dat om ’n halfeindstryd tuis te wen nie alles beteken nie, omdat ons nog ’n wedstryd het om te gaan speel in Pretoria. Die ouens besef die belangrikheid daarvan.” Die eindstryd teen Tukkies behoort ’n titaniese stryd tussen die twee beste spanne in vanjaar se Varsitybeker te wees.
Volgens Van der Westhuizen is sy span nie die gunsteling in die eindstryd nie. “Ons is die underdogs. Tukkies speel tuis.
Ons moet net gaan speel. Enige iets kan in ’n finaal gebeur.” Die eindstryd teen Tukkies skop vanaand om 19:00 af. Breaking news at your fingertips…Follow Caxton Network News onFacebookand join ourWhatsApp channel. Nuus wat saakmaak.Volg Caxton Netwerk-nuus opFacebooken sluit aan by onsWhatsApp-kanaal.
[/paywall]
All Zim News – Bringing you the latest news and updates.