Zimbabwe News Update

🇿🇼 Published: 08 May 2026
📘 Source: The Witness

Melissa Vice, geklee in ’n warm baadjie, het vandag vlugtig in die eMalahleni-landdroshof verskyn op aanklag van moord op haar swaer, Willie Visser. Sy het vinnig haar plek in die beskuldigdebank ingeneem toe haar saak uitgeroep is. Die saak is nou na die streekhof verwys en is uitgestel tot 17 Junie.

Haar man, Sam Vice, was in die hof om haar te ondersteun,berig dieWitbank Nuus. Vice is in Desember verlede jaar in hegtenis geneem nadat Visser se liggaam naby Seekoeiwater gevind is. Hy was vroeër as vermis aangemeld.

Tydens ’n vorige hofverskyning het skokkende getuienis oor die verloop van die dag aan die lig gekom. Daar word beweer dat Vice vir Visser by ’n winkelsentrum opgetel het en ‘n tyd lank in Hoëveldpark rondgery het voordat sy by Seekoeiwater gestop het. Sy het hom na bewering verwurg en met ’n voorwerp teen die kop geslaan.

📖 Continue Reading
This is a preview of the full article. To read the complete story, click the button below.

Read Full Article on The Witness

AllZimNews aggregates content from various trusted sources to keep you informed.

[paywall]

Sy het hom glo daarna uit die bakkie getrek en sy persoonlike besittings in die veld gegooi. Vice het later self aan die polisie uitgewys waar die oorledene se besittings weggegooi is.

[/paywall]

📰 Article Attribution
Originally published by The Witness • May 08, 2026

Powered by
AllZimNews

All Zim News – Bringing you the latest news and updates.

By Hope