Die polisieondersoek na ernstige aantygings van mensehandel, verkragting en seksuele uitbuiting teen ’n welbekende politikus (58) in George het ’n nuwe wending geneem met die arrestasie van ’n tweede verdagte,berigGeorge Herald. AO Chris Spies, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die arrestasie bevestig. ’n 46-jarige vrou is Donderdagaand aangekeer op aanklagte van mensehandel en seksuele uitbuiting van ’n kind.
“Sy bly in polisie-aanhouding en sal na verwagting Maandag (20 April) haar eerste verskyning in die George-landdroshof maak,” sê Spies. George Heraldhet betroubaar verneem dat dié verdagte ‘n nabye familielid van die vermeende slagoffer is. Haar arrestasie volg twee dae na die inhegtenisname van die politikus van George.
Die politikus, tans ’n lid van die provinsiale wetgewer,is Dindsdag (14 April) in hegtenis geneemen staan tereg op aanklagte van verkragting, seksuele uitbuiting van ’n kind en mensehandel. Hy is tans in aanhouding en verskyn weer Dinsdag in die hof vir ’n formele borgtogaansoek. Breaking news at your fingertips…Follow Caxton Network News onFacebookand join ourWhatsApp channel. Nuus wat saakmaak.Volg Caxton Netwerk-nuus opFacebooken sluit aan by onsWhatsApp-kanaal.
Read Full Article on The Witness
All Zim News – Bringing you the latest news and updates.