Die Bredasdorp-polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord ná ’n matriekseun van Hoërskool Punt Saterdagmiddag (8 Augustus) met ’n mes gesteek is ná ’n sportbyeenkoms teen Hoërskool Bredasdorp. Die voorval het ten aanskoue van verskeie leerders plaasgevind toe die slagoffer op pad was na die bus terug Mosselbaai toe. Die seun het vroeër die dag vir Punt se tweede rugbyspan uitgedraf,berigMossel Bay Advertiser.
Hy was glo in ’n woordewisseling met iemand toe die aanval plaasgevind het. Die skoolhoof van Hoërskool Punt, Adolf Gouws, het bevestig dat mediese personeel die leerder op die toneel gestabiliseer het waarna hy na ’n hospitaal vervoer is. Gouws het ouers gerusgestel dat Punt-onderwysers by die leerder gebly het, en dat hy by sy bewussyn was en met hulle kon praat.
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het die voorval bevestig en aan dieMossel Bay Advertisergesê dat leerder stabiel is. Die polisie het vinnig opgetree en ’n minderjarige verdagte vir ondervraging ingeneem. ‘n Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, konstabel Ndakhe Gwala, het gesê dat daar op hierdie stadium geen arrestasies gemaak is nie en dat die ondersoek voortduur.
Read Full Article on The Witness
[paywall]
Volgens Muller Retief, skoolhoof van Hoërskool Bredasdorp, is die verdagte nie ’n leerder van sy skool nie. Die verdagte is na bewering aan ’n ander plaaslike skool in Bredasdorp verbonde. Hy het gewone klere tydens die voorval gedra.
Albei skoolhoofde het die aanval ten sterkste veroordeel en dit as betreurenswaardig beskryf dat geweld die tradisionele kragmeting tussen die twee skole oorskadu.. Breaking news at your fingertips…Follow Caxton Network News onFacebookand join ourWhatsApp channel. Nuus wat saakmaak.Volg Caxton Netwerk-nuus opFacebooken sluit aan by onsWhatsApp-kanaal.
[/paywall]
All Zim News – Bringing you the latest news and updates.