Interprovinsiale klubrugby-toernooi skop eersdaag af

Zimbabwe News Update

🇿🇼 Published: 29 January 2026
📘 Source: The Witness

As daar ooit twyfel was dat klubrugby noord van die Vaalrivier besig is om terug te bons en weer daarin slaag om die verbeelding van die rugbypubliek aan te gryp, is dit verlede week finaal bewys toe die verbeterde, uitgebreide Sibanye-Stillwater Superliga by Loftus Versfeld bekendgestel is. Dié inisiatief, wat hoofsaaklik deur die president van die Blou Bulle Rugby-unie, Willem Strauss, in samewerking met die borge en sy kollegas van vyf ander rugby-provinsies gedryf word, sal vanjaar 40 klubs in twee liga-afdelings en ’n vroueliga akkomodeer. Prysgeld van sowat R2m, versprei oor die drie kompetisies, is op die spel.

Verlede jaar het die Castle Superliga afgeskop met 12 klubs uit vier provinsiale unies, asook die Limpopo Blou Bulle sub-unie. Vanjaar het klubs vanuit die Lions se geledere ook by die Blou Bulle, Valke, Pumas, Luiperds en Limpopo Blou Bulle aangesluit, wat beteken dat die uitgebreide Sibanye-Stillwater Superliga volwaardig as ’n interprovinsiale klubtoernooi vir die top klubs noord van die Vaalrivier beskou kan word. Die Sibanye-Stillwater Superliga sal vanjaar 16 eersteliga klubs akkomodeer, terwyl die Sibanye-Stillwater Superliga Skild uit ’n verdere 16 klubs sal bestaan, wat die Blou Bulle se Presidentsliga klubs insluit.

Albei die ligas sal in vier groepe verdeel word met groepwedstryde wat gevolg sal word deur ’n uitspeelfase om die twee kandidate vir die eindstryd te bepaal. Die eindstryd van die top liga sal op 20 Maart op Loftus Versfeld plaasvind as voorwedstryd wanneer die Bulls en die Walliese klub Cardiff in ’n Verenigde Rugby Kampioenskap wedstryd sal kragte meet. Vrouerugby sal ook deel uitmaak van die nuwe toernooi en die vroueliga sal in twee groepe van vier spanne elk beslis word.

📖 Continue Reading
This is a preview of the full article. To read the complete story, click the button below.

Read Full Article on The Witness

AllZimNews aggregates content from various trusted sources to keep you informed.

[paywall]

Wedstryde sal weer op sosiale media platvorms uitgesaai word, terwyl beperkte TV-uitsendings ook sal plaasvind. Breaking news at your fingertips…Follow Caxton Network News onFacebookand join ourWhatsApp channel. Nuus wat saakmaak.Volg Caxton Netwerk-nuus opFacebooken sluit aan by onsWhatsApp-kanaal.

[/paywall]

📰 Article Attribution
Originally published by The Witness • January 29, 2026

Powered by
AllZimNews

By Hope