Zimbabwe News Update

🇿🇼 Published: 07 June 2026
📘 Source: The Witness

Sonder enige ooggetuies om te vertel wat gebeur het, soek die Klerksdorp-polisie naarstiglik na inligting oor die dood van ‘n vrou wat gisteroggend met ernstige bytwonde gevind is. Parys Gazetteberigdat ‘n plaaslike inwoner het gisteroggend (5 Junie) omstreeks 05:45 op die lewelose liggaam van die onbekende vrou in Margaretha Prinsloo-straat afgekom en die polisie ontbied. Nooddienste was vinnig op die toneel, maar kon niks vir die vrou doen nie en het haar dood verklaar.

Volgens polisiewoordvoerder kolonel Adéle Myburgh het die oorledene verskeie duidelike bytwonde aan haar liggaam gehad. Die presiese omstandighede rondom die voorval is egter nog onduidelik. Agt honde is kort ná die ontdekking by ’n nabygeleë erf aangetref en in die sorg van die DBV geplaas.

Dié diere is intussen van kant gemaak. Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geopen en die ondersoek duur voort. Die vrou se identiteit kon tot op hede nie vasgestel word nie. As jy enige inligting het wat kan help met die ondersoek, of as jy kan bydra tot die identifisering van die oorledene, kontak asseblief die polisie deur een van die volgende kanale:

📖 Continue Reading
This is a preview of the full article. To read the complete story, click the button below.

Read Full Article on The Witness

AllZimNews aggregates content from various trusted sources to keep you informed.

📰 Article Attribution
Originally published by The Witness • June 07, 2026

Powered by
AllZimNews

All Zim News – Bringing you the latest news and updates.

By Hope