Zimbabwe News Update

🇿🇼 Published: 23 March 2026
📘 Source: The Witness

Die dubbele moord saak teen die Robert Joubert (73) wat teregstaan op hierdie aanklagte is weer in die Streekhof in Potchefstroom in die Wes-Kaap vandag uitgestel. Hierdie keer om ruimte te maak vir ’n formele aansoek rakende sy geestesvermoë. Potchefstroom Heraldberigdat Joubert vandag in die streekhof verskyn het waar die hof bevestig het dat die verrigtinge tot 11 Mei uitgestel word.

Die uitstel is om die verdediging in staat te stel om ’n aansoek ingevolge Artikels 77 en 78 van die Suid-Afrikaanse Strafproseswet te bring. Dié artikels reguleer die geestestoestand van ’n beskuldigde en bepaal of hy geskik is om verhoor te word, asook of hy ten tye van die beweerde misdryf strafregtelik aanspreeklik gehou kan word. Volgens woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Noordwes, Sive Gunya, bly Joubert intussen in aanhouding.

Die saak spruit uit die noodlottige skietvoorval op10 November 2025by die Fourie-broers se onderneming, Chubby Chick, in Potchindustria, Potchefstroom. Jonathan Fourie is op die toneel dood, terwyl sy broer Deon Fourie later in ’n Gautengse hospitaal aan sy beserings beswyk het. Die voorval het verlede jaar groot opspraak in die gemeenskap veroorsaak, met vroeë aanduidings dat die beweerde motief moontlik verband hou met ’n eiendomstransaksie.

📖 Continue Reading
This is a preview of the full article. To read the complete story, click the button below.

Read Full Article on The Witness

AllZimNews aggregates content from various trusted sources to keep you informed.

[paywall]

Breaking news at your fingertips…Follow Caxton Network News onFacebookand join ourWhatsApp channel. Nuus wat saakmaak.Volg Caxton Netwerk-nuus opFacebooken sluit aan by onsWhatsApp-kanaal.

[/paywall]

📰 Article Attribution
Originally published by The Witness • March 23, 2026

Powered by
AllZimNews

All Zim News – Bringing you the latest news and updates.

By Hope