Zimbabwe News Update

🇿🇼 Published: 05 May 2026
📘 Source: The Witness

Die Suid-Kaap Kinderkoor en Suid-Kaap Jeugkoor is tans in Brussels gestrand nadat hulle terugvlug na Suid-Afrika gisteraand gekanselleer is. Paul Stassen, ’n ouer van een van die koorlede wat saam met die koor in Europa reis, hetaanOudtshoorn Courantgenoemdat hulle vermoed die besluit hou verband met die onstabiele situasie in die Midde-Ooste. “Ons vlug is letterlik ’n uur voor vertrek gekanselleer nadat Emirates alle vlugte van en na Dubai opgeskort het.

Die lugredery het ons intussen in ’n viersterhotel gehuisves en ons sal hier bly totdat ’n moontlike direkte vlug na Kaapstad of Johannesburg gereël kan word,” het hy gesê. Stassen het genoem dat daar onbevestigde berigte die ronde doen dat Irak moontlik aanvalle op Dubai van stapel gestuur het, maar dat geen amptelike bevestiging daarvan ontvang is nie. Hy het egter beklemtoon dat al die kinders veilig is en dat Emirates die groep tans as ’n prioriteit hanteer.

Die kinders het in April na Europa vertrek en tydens hulle toer in Duitsland, Nederland en België opgetree. Die hoogtepunt van die toer was die kore se deelname aan die 74ste Europees Muziekfestival voor de Jeugd in Pelt, België. Breaking news at your fingertips…Follow Caxton Network News onFacebookand join ourWhatsApp channel. Nuus wat saakmaak.Volg Caxton Netwerk-nuus opFacebooken sluit aan by onsWhatsApp-kanaal.

📖 Continue Reading
This is a preview of the full article. To read the complete story, click the button below.

Read Full Article on The Witness

AllZimNews aggregates content from various trusted sources to keep you informed.

📰 Article Attribution
Originally published by The Witness • May 05, 2026

Powered by
AllZimNews

All Zim News – Bringing you the latest news and updates.

By Hope