Die bevelvoerder van die Valke se ernstige korrupsie-ondersoeke in Mpumalanga het Donderdag sy kantoordeur in Mbombela die laaste keer agter hom toegetrek. In ’n loopbaan wat oor net meer as vier dekades strek, het brigadier Danie Hall talle hoëprofiel-misdade opgelos. Sy leuse was deurgaans dat die diefstal van ’n arm man se fiets net so ernstig soos dié van ’n ryk man se sportmotor beskou moet word.
In erkenning van sy diens het Valke-personeel ’n erewag vir Hall gevorm terwyl hy by die hoofkantoor uitgery het,berig dieMiddelburg Observer. Legendary sleuth Brigadier Danie Hall of the Hawks is on well deserved pension after decades in the police service. He was sent on his way by Hawks members with a guard of honour on his last day as commander.
Hall is ’n oudleerling van die Hoërskool Piet Retief, waar hy kaptein van die eerste rugbyspan was en die 800m as een van sy gunstelingitems op die atletiekbaan beskou het. Sy polisieloopbaan het in 1985 op Ermelo begin, direk ná matriek. “Ek het ’n draai gemaak in Hillbrow ná kollege, voor ek teruggekom het na Mpumalanga toe,” onthou hy.
Read Full Article on The Witness
[paywall]
Sy bevorderingspad oor die jare getuig van standvastigheid: Wanneer hy op sy loopbaan terugkyk, sê hy sy mees opspraakwekkende saak was die berugte .22-reeksmoordenaar, beter bekend as dieSaloon Killervan Piet Retief. Die moordenaar is uiteindelik aan 19 moorde en nege klagtes van poging tot moord skuldig bevind en tot 20 lewenslange vonnisse gevonnis. Op die vraag oor sy moeilikste saak, is die antwoord dieselfde: “Die reeksmoordsaak, omdat hy aangehou moorde pleeg het terwyl ons hom moes stop.
Elke saak sonder leidrade is moeilik. Om vir ’n familie geregtigheid te gee, is ’n voorreg; dit het my altyd groot bevrediging gegee.” Hall glo sy werk was ’n roeping. “Ek kan my nie indink hoe ’n polisiebeampte dit kan maak sonder Christus nie.
Ek het aan Jesus vasgehou.” Hy skryf sy sukses ook toe aan die ondersteuning van sy gesin. “My vrou, Wanda, natuurlik. Ons het begin uitgaan toe sy in matriek was en ek ’n konstabel was.
Sy ken die lewe en was altyd daar vir my. Sy was my rots.” Sy advies aan polisiemanne wat vandag nog in die loopgrawe veg, is eenvoudig: “Integriteit is nie onderhandelbaar nie. Gee honderd persent vir al jou klaers.
Die arm man wie se fiets gesteel is, het alles wat hy besit verloor – sy vervoer werk toe sonder enige assuransie. Moenie mense met status voorkeur gee nie. Wees daar vir almal.”
[/paywall]
All Zim News – Bringing you the latest news and updates.