Zimbabwe News Update

🇿🇼 Published: 30 March 2026
📘 Source: The Witness

’n Vrou is gisteraand omstreeks 22:00 deur twee pit bulls op die hoek van Kock- en Smitstraat in Miederpark, Potchefstroom aangeval,berigPotchefstroom Herald. Volgens inligting het die honde glo uit ‘n erf in Smitstraat ontsnap voordat hulle die vrou aangeval het. Die eienaar van die honde het haar na Potchefstroom Hospitaal vir mediese behandeling geneem.

Joshua McGriffin vertel sy vrou gaan saans kos maak vir haar ouers en stap gewoonlik teen 19:00 terug huis toe. “Gisteraand het ek by ’n vriend gekuier en haar gevra om eerder vir my te wag sodat ek haar kon oplaai. Ongelukkig het ek te lank gevat en sy het net voor 22:00 besluit om eerder huis toe te stap,” sê hy.

Volgens ooggetuies het mense gesien hoe die honde haar aanval. Hulle het ingegryp, die honde weggejaag en haar bygestaan totdat sy na die hospitaal geneem is. McGriffin sê hy het ’n oproep ontvang en onmiddellik hospitaal toe gehaas.

📖 Continue Reading
This is a preview of the full article. To read the complete story, click the button below.

Read Full Article on The Witness

AllZimNews aggregates content from various trusted sources to keep you informed.

[paywall]

Nadat hy sy vrou gesien het, het hy en ’n vriend, Theuns Britz, die polisie gekontak om ’n saak te probeer oop maak. “Die polisie was nie veel van hulp nie. Hulle wou nie ’n saak maak nie en het gesê ons moet eers wag vir die J88-vorm.

Ons is saam met hulle na die huis waar die honde vandaan gekom het, maar daar is ook min gedoen,” Beweer hy. Die vrou is tans steeds in die hospitaal waar sy wag vir ’n chirurgiese prosedure. Sy het verskeie bytmerke oor haar liggaam en ander ernstige beserings opgedoen.

Een van haar arms is op drie plekke gebreek. Kolonel Anne Magakoe, polisiewoordvoerder in die Noordwes, het aanPotchefstroom Heraldbevestig dat geen saak dusver by die polisie aanhangig gemaak is nie. Breaking news at your fingertips…Follow Caxton Network News onFacebookand join ourWhatsApp channel. Nuus wat saakmaak.Volg Caxton Netwerk-nuus opFacebooken sluit aan by onsWhatsApp-kanaal.

[/paywall]

📰 Article Attribution
Originally published by The Witness • March 30, 2026

Powered by
AllZimNews

All Zim News – Bringing you the latest news and updates.

By Hope